Show simple item record

dc.contributor.authorGrundlingh, Albert
dc.date.accessioned2025-03-04T11:38:52Z
dc.date.available2025-03-04T11:38:52Z
dc.date.issued2025
dc.identifierONIX_20250304_9780906785287_9
dc.identifier.urihttps://library.oapen.org/handle/20.500.12657/99147
dc.languageAfrikaans
dc.subject.classificationthema EDItEUR::D Biography, Literature and Literary studies::DN Biography and non-fiction prose::DNB Biography: general::DNBB Biography: business and industry
dc.subject.classificationthema EDItEUR::D Biography, Literature and Literary studies::DN Biography and non-fiction prose::DNB Biography: general::DNBH Biography: historical, political and military
dc.subject.otherBiography
dc.subject.otherFrederik van Zyl Slabbert
dc.subject.otherPolitics
dc.titleFrederik Van Zyl Slabbert
dc.title.alternativeSoekende Profeet
dc.typebook
oapen.abstract.otherlanguageFrederik van Zyl Slabbert is al beskryf as die beste landsleier wat Suid-Afrika nooit gehad het nie. As ’n uitstaande akademikus het hy in 1974 van beroep verander toe hy in dié jaar se parlementêre verkiesing die kiesafdeling Rondebosch vir die Progessiewe Party verower het. Na vyf jaar is hy as die jongste opposisieleier ooit aangewys. Tot in 1986 het hy ’n belangrike rol in die formele Suid-Afrikaanse politiek gespeel. Hy het die trant van parlementêre diskoers tot ’n hoër vlak verhef en sorg gedra dat tersaaklike apartheidskwessies nie deur die die Nasionale Party omseil word nie. Op voetsoolvlak het hy tot gewone mense gespreek en ’n charismatiese invloed uitgestraal. Te midde van stormagtige tye in Suid-Afrika was hy ’n liberale Afrikaner met ’n genuanseerde begrip van identiteit en ’n passie vir vernuwende politiek. Na sy uittrede uit die formele politiek in 1986, deels as gevolg van die verstardheid van die bestaande bestel, het hy in die soeke na demokratiese oplossings hom tot die buite parlementêre politiek gewend. Onder meer het dit tot die eerste grootskaalse ontmoeting tussen oorwegende Afrikaanse belanghebbendes en sekere African National Congress leiersfigure in Dakar in 1987 gelei. In post-apartheid Suid-Afrika het hy ’n fasiliterende rol gespeel en hom ook in die sakewêreld begewe. Slabbert was ’n onafhanklike denker en in moeilke tye polities vooruitskouend met ’n afkeur in dogmatiese uitgangspunte. Hy het homself nooit die luukse van volkome sekerheid gegun nie. Hy was inderdaad ’n soekende profeet. Met hierdie boek word gepoog om ’n gebalanseerde geheelbeeld van ‘n enigmatiese figuur te bied. Slabbert was nie iemand wat in die heldegalery van Suid-Afrika opgeneem is nie. Hyself sou dit ook nie so verkies het nie. Maar sy nalenskap, ook vir Afrikaanse mense, is nie daarom van mindere belang nie. Prof Albert Grundlingh is ’n voormalige departementshoof van Geskiedenis by die Universiteit van Suid-Afrika en die Universiteit van Stellenbosch. Hy is die skrywer van verskeie boeke.
oapen.identifier.doi10.36615/9780906785287
oapen.relation.isPublishedByb166ea55-2ec8-4e5c-98ed-c27d3909a50b
oapen.relation.isbn9780906785287
oapen.relation.isbn9780906785270
oapen.relation.isbn9780906785348
oapen.relation.isbn9780906785294
oapen.imprintUJ Press
oapen.pages330
oapen.place.publicationJohannesburg


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record